PERSVERKLARING 21 FEBRUARIE 2007


PERSVERKLARING 21 FEBRUARIE 2007

Dit het onder my aandag gekom dat Alfred Fleischer wat ook onder die alias "Piett" Fourie 'n webblad bedryf my naam gebruik om vetes teen Boereleiers soos dr Pretorius voort te sit. Ek beskou my verskille met dr Pretorius as iets van die verlede en het reeds onvoorwaardelik aan laasgenoemde verskoning gevra vir my aanvalle op sy persoon. Genoemde aanvalle was hoofsaaklik geaktiveer deurdat disinformasie en leuens aan my oorgedra was. Die feit dat  Fleischer nou weer die onverkwiklike vete gaan opdiep ten einde verdere twis aan te blaas, is onaanvaarbaar en ek distansieer my van voormelde laakbare optrede. Hiermee wens ek dus weereens my onvoorwaardelike verskoning teenoor dr Lets Pretorius te herhaal. Die vyande van ons volk moet kennis neem dat die versugting na vryheid uiteindelik 'n sterker band tussen volksgenote is, en dat die disinformasie deur genoemde vyand om welke rede ookal, op die langer termyn nie sal standhou nie.
Ek wil dan ook aan die webblad Boerevryheid en die BVS sterkte en seën toewens op die pad vorentoe.
Groete
Dries Kriel

No comments:

Post a Comment